Sirkel: Middelland

Tak: Alexandria

Protefeule: Leefstyl

Beriggewer: Dina Erasmus

Datum: 21 April 2016

 

3

Die Leefstylspan

 

Gassprekers vir die geleentheid was Beulagh Lombard van Despatch oor perservering en Ursula Cloete vir die LKHV leefstyl.

 

Beulagh gee praktiese raad oor die moets en moenies van suksesvolle preservering. Besparing is om produkte in seisoen in te maak vir latere gebruik. Die maak van fetakaas uit 1 liter melk word gedemonstreer, asook die inmaak van advokadopere. Mmmm, jou eie avo in die wintertyd!

 

1

Beulagh en haar assistant lig dames in oor pereservering

 

Banting en gesond eet is op almal se lippe. Daarom was Ursula Cloete van Alexandria aan die woord, want sy leef die LKHV leefstyl.

 

Resepte van brood en skons in ‘n koppie in die mikrogolfoond (sonder gluten) is gedeel en die lede kon teetyd daaraan proe. Raad oor die produkte wat mens kan koop vir die leefstyl was uitgestal en dis belangrik dat ons die etikette moet lees op alle produkte.

 

2

Ursula Cloete  en Yvonne du Preez

 

Die grootste verrassing was teetyd! Daar was geen gebruiklike koek en tert nie. Slegs produkte sonder suiker en gluten. Daar was quiche, kaaskoek, wortelkoek, plaatkoekies (met roomkaas as basis)met mascarpone, klapperballetjies ( roomkaas uit Amasi as bestanddeel), brood met amandelmeel en `n heerlike kaasbal.  Die lede het hierdie terdeë geniet en dit was uiters leersaam.

 

4

Die bekerspan van Alexandria

 

5

Sharon verduidelik die proses om artikels te span en te “press”