Sirkel: Paarl

Tak: Paarl-aand

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: U Engelbrecht

Datum: 21 April 2016

 

Giuseppe Massolini, ’n plaaslike sjef, wat op Belair, neffens Fairview, kosmaak was die spreker. Hy vertel entoesiasties oor die cuisine van Italië, hoe verskillend die Ooste en die Weste van die land eet, van die verskillende style, die pasta (soos aartappelgnocchi), rysdisse (o.a. van Arborio), visgeregte en nageregte soos tiramisu.

 

Omdat baie van die lede teenwoordig al in Venesië was en hyself goed vertroud is met dié magiese plek, vertel hy meer daarvan. Hy beveel aan dat ‘n mens in die winter, wanneer daar minder toeriste is, soontoe gaan. Hy sonder die Piazza San Marco met sy kloktoring as sy gunstelingplek uit.  As ‘n mens net voor 12uur op die middag daar is, sal jy die wonderlikste klokkespel beleef.

 

IMG_5178-001

LNR Sura Swart, Margie du Plessis, Amarie le Roux (saamroeper), Giuseppi Massolini (spreker), Tertia Swartz. Voor is ’n bak crosti, ’n tipiese Italiaanse gereg (angel wings) wat repies pastadeeg is wat in olie gebraai word en met lemoenskil gegeur en agterna met versiersuiker bestuif word.