Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 20 April 2016
Aberdeen VLV het op 20 April 2016 oortollige skryfbehoeftes en ou tydskrifte aan Aberdeen Laerskool oorhandig om in klasse te gebruik. Lea van der Vyver (Voorsitter) en Stephnie van Zyl (Sameroeper Gesondheid) het die skryfbehoeftes en tydskrifte na die skool geneem.
Juffrou Anita Swanepoel het 3 leerders gestuur om te help afdra en dit in die sekretaresse se kantoor te pak. Groot opgewondenheid het in haar klas, Graad 4b, geheers toe die leerders afgeneem is met van die tydskrifte. Soos duidelik in die foto’s gesien kan word, is die leerders baie bly oor die tydskrifte. Dit sal deur verskillende klasse in die skool gebruik word om in te lees, sowel as om prente vir projekte te soek.
Leerders van Aberdeen Laerskool wat skryfbehoeftes en tydskrifte afdra
Juffrou Anita Swanepoel en Lea van der Vyver (VLV Voorsitter) by die Graad 4b klas
Daar word selfs op die banke geklim om in die foto te wees!
Tydskrifte word met vreugde deurgeblaai
Leave A Comment