Sirkel: Weskus

Tak: Citrusdal

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Jolien Mouton

Datum: 20 April 2016

 

Sannie Laing open vergadering op gepaste wyse.  Santie de Haan en Hanna Matthee word verwelkom as nuwe lede.

 

IMG_6017

Lurinda van Wyk en Astrid Basson (Saamroeper van Gesondheid)

Lurinda van Wyk, mamma van ‘n outistiese kind, vertel lede hoe hul huishouding by outisme aanpas.  Elke kind of volwassene met outisme het elk hul eie unieke behoeftes.  Fokus eerder op wat hul reg doen as wat hul nie kan doen nie.

 

IMG_6021

Paul-Louis en Carine Rontgen en Joan Mouton (Saamroeper van Opvoeding en Kultuur)

 

Paul-Louis en Carine Rontgen het aan die ATKV redenaarskompetisie deelgeneem en albei het top prestasies behaal.  Die tema was idiome.  Paul-Louis se tema was “ledigheid is die duiwel se oorkussing”, plattelandse kinders is nie ledig nie.  Carine se tema was “As twee hande mekaar was, word albei skoon”, as Ouma by ons kom woon was twee hande mekaar silwerskoon.  Lede geniet die voordragte deur hierdie talentvolle boetie en sussie.

 

IMG_6024

Soekie Nieuwoudt en Joan Mouton (Saamroeper van Opvoeding en Kultuur)

 

Soekie Nieuwoudt is die gasspreker en kom deel met lede haar toer deur Europa en Dubai wat sy meegemaak het saam met haar Ma en drie vriendinne.  Hul toer deur Europa was na Amsterdam waar kweekhuise besoek is met die allermooiste tulpe, orgidees en varkore; Rome met sy eeue oue geboue; die Vatikaanstad met mosaïek kunswerke; Florence met die Dawidbeeld en Michelangelo se kunswerke; Venesië se glaskuns; die Alpe en Parys.  In Dubai ry hul kamele in die woestyn en word deur bellydansers vermaak.

 

Ons sluit die middag af met ‘n koppie tee.