Woensdag, 20 April 2016

 

Mev. Caro Ekermans, VLVK-saamroeper vir Kunste en Handvlyt en Sirkelpresident van Sirkel Tygerberg, het nadat sy onlangs met motorneuronsiekte (MNS) gediagnoseer is, vandag die VLV-tuig neergelê.

 

Eienskappe wat altyd van mev. Ekermans onthou sal word, is  haar lojaliteit, bekwaamheid, stiptelikheid, noukeurigheid, deursettingsvermoë en wysheid – dit sal ons VLV-lede altyd bybly.  VLVK sê baie dankie vir alles wat ons by haar kon leer en baie dankie dat sy en haar man, Pieter, altyd bereid was om te help waar hulp nodig was.

 

Ons gaan haar fyn sin vir humor op Hoofbestuur verskriklik baie mis.  Haar noukeurige verslae en wenke was altyd iets om na uit te sien.  VLVK se Kunste en Handvlytafdeling het gedy onder haar leiding.

 

Caro Ekermans se VLV-voetspoere is diep getrap en sal nog lank onthou word.

 

Ons gun haar rustigheid en sit haar in ons gebede by die Groot Geneesheer se voete neer.

 

Karien van Schalkwyk en al die VLVK-lede