Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 19 April 2016

 

Verpleegsuster Wilma Martin het die lede oor diabetes kom toespreek.

 

P1040157

Suster Martin (links) saam met Charlotte Huysamer (sameroeper)

 

Elke persoon moet die tekens wat op diabetes dui, betyds raaksien. Tekens soos o.a. ‘n aanhoudende dors, duiseligheid en ‘n probleem met jou sig moet jou bekommerd maak.  Maak werk daarvan en besoek jou dokter sodat die nodige toetse gedoen kan word.  Bloedsuiker kan normaal gehou word deur slegs ‘n gesonde dieët te volg, gereeld oefening te doen en die regte medikasie te neem.  Wanneer medikasie nie meer die probleem oplos nie, is die gebruik van insulien die volgende uitweg.

 

Let op na die bloedtoevoer na jou voete, en diabeteslyers moet liefs nie kaalvoet loop nie.  Sy demonstreer ‘n paar oefeninge vir ouer persone – terwyl jy voor die TV sit, kan jy jou arms en bene strek, herhaal sit- en staanbewegings en staan agter ‘n stoel, hou aan die rugleuning vas en lig die bene.

 

Charlotte Huysamer, die vergadering se sameroeper, het ons heerlik laat lag toe sy ‘n klomp boererate wat sy iewers opgediep het, met ons gedeel het.

 

Vir alkoholverslawing: eet elke oggend ‘n groot lemoen en gebruik wilskrag en jy is genees.

Verkalkte are: drink soveel dikmelk en karringmelk moontlik.  Die suur melk vreet die verkalking weg.

Asma: 1t uitgebraaide hoendervet 3 keer per dag OF gooi 6 eiers in ‘n halwe bottel rum, skud tot dik en neem 3 keer per dag ‘n teel. vol OF rook gedroogde papajapitte.

Bednatmaak: vang ‘n streepmuis, slag of braai hom, gee vir die kind om te eet (moenie vir hom sê dis ‘n streepmuis nie).  Hy sal genees wees.

Wurgsiekte (kroep): stamp ‘n skilpadjie fyn, net soos hy is, met huidjie en muitjie, druk die sap daarvan uit, gee die kind wat die wurgsiekte het soveel daarvan as wat hy kan sluk en sy keel sal netnou oopgaan.

Spatare: versap stink afrikaners of kakiebos, meng net wateroplosbare room en smeer aan.

Doofheid: vang ‘n vlermuis, braai dit in soetolie, gooi olie af en gooi in ore OF neem ‘n slang wat vervel het se vel, maak pluisies en steek in ore.

 

Met hierdie boererate sal ons sekerlik op mediese kostes kan bespaar!