Sirkel: NOK

Tak: Jamestown

Studierigting: Kunste & Handvlyt en Landbou & Tuinbou

Aanbieders: Philna van Pletzen en Lucia Lieberum

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 13 April  2016

 

Elkeen ontvang ‘n aarbeiplantjie, ‘n malva, en ‘n Amerikaanse Asboom in houers geplant, om huis toe te vat. Philna het  inligting oor die swaeltjie gegee, waarvan die mannetjie en wyfie presies eenders lyk. Hulle bou neste waar hulle veilig voel, volgens Jes. 8:7, en Ps 84:4. Elkeen het ook ‘n papierswaeltjie ontvang!

 

Marlene Lategan het gedemonstreer hoe om self Fetakaas te maak. Dit kan ‘n week in ‘n yskas gebêre word. Wanneer die proses begin word, word 1.5 liter melk + 150 ml asyn op die stoof gekook. Dis baie belangrik dat die melk nie moet brand nie. Daarna word die mengsel gesif en afgekoel, waarná die vloeistof met ‘n vadoek uitgedraai word. Hoe stywer jy die wei uitdraai, hoe fermer gaan jou kaas wees.  Daarná word dit gegeur en styf in ‘n bakkie vasgedruk. Sodra dit in die yskas afgekoel het, kan jy dit in blokkies sny en in ‘n mengsel van 2 e sout + 2 koppies water in die yskas bêre.

 

DSCN2751

Links is Philna van Pletzen, by wie se huis die groep bymekaar gekom het, en regs Marlene Lategan wat die Fetakaas demonstrasie gegee het

 

Veronica van Vuuren het vertel van die nuttige lêer met haar & haar man Danie se persoonlike besonderhede en ander inligting wat sy saamgestel het n.a.v. VLV se raad. Dit het baie gehelp met die papierwerk ná sy onlangse dood.  Antoinette van Pletzen het lede gewys hoe om panorama-foto’s & ‘n selfie te neem met hul selfone.

 

DSCN2763

Agter van links: Lucia Lieberum, Marlene Lategan, Drini van Pletzen, Gerrie Upton, Mariana van Pletzen, en Philna van Pletzen. Voor sit Veronica van Vuuren, Cecile Nel, Hilda v/d Walt, Christell Venter, Alta le Grange, Antoinette van Pletzen en Lettie van Vuuren

 

Alta le Grange het gedemonstreer hoe om met loodglas (‘n baie ou kuns) te werk. Koop velle gekleurde glas en sny dit met ‘n diamantmessie. Vyl rande dan met ‘n spesiale masjientjie. Lood sit nie op glas vas nie, daarom moet die glas met koper-foelie omge-“soom” word, wat taai is aan die agterkant.

 

DSCN2756

Alet le Grange se loodglaswerk