Sirkel: Griekwaland-Wes

Tak: Niekerkshoop

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Liezel Botha

Datum: 13 April 2016

 

Die lede van Niekerkshoop sien uit daarna om elke maand bymekaar te kom en iets nuuts te leer.

 

Hierdie maand was dit Kunste & Handvlyt se vergadering. Lede is gewys hoe om reliëfwerk (‘embossing’) te doen op papier en om lint rosies te maak.

 

Die manier waarop ‘n stempel ink kry is baie belangrik om ‘n goeie indruk te kry. Reliëfpoeier (‘embossing’) word daarop gestrooi, dié wat nie vassit aan die ink, word afgegooi en indruk word verhit met ‘n spesiale hitte toestel (heat gun).  ‘n Haardroër kan ook gebruik word om die poeier te laat pof maar sommige droërs is te warm en brand dan die poeier.

 

Spesiale viltpenne (koki’s) word gebruik om die gepofte poeier te ink en waterverf, inkleurpotlode, ens. word gebruik om die prent in te kleur – as jy sou wou.

 

1

 

2

Tiena Escott-Watson verduidelik hoe die stempel moet druk om ‘n egalige verspreiding van die poeier te kry.

 

3

Eindproduk

 

Lintrosies is mooi om op ‘n geskenk vas te sit, maar duur en soms onverkrygbaar in Niekerkshoop of Prieska. Lede het elkeen ‘n stukkie lint, naald, gare en skêr gehad om self te probeer. Vinnig, vinnig kon die ‘rook’ gesien word wat draai soos die lede spook en spartel om die kunste te bemeester. ‘n Lint roos wat klaar gemaak is.

 

4