Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury

Studierigting: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Magda Potgieter

Datum: 13 April 2016

 

Wat is “Chalk Paint”? Dale Niehaus van Chisel and Chalk in Durbanville het dit vir ons kom verduidelik en demonstreer.

 

Chalk Paint het nie kalk in nie, dis ‘n waterverf, dis nie ‘n “craft” verf nie maar wel ‘n dekoratiewe verf en kan op enige oppervlak geverf word, sonder dat enige skuurwerk of “priming” gedoen hoef te word.

 

Dale het kom wys hoe om met Annie Sloan Chalk Paint te werk.

 

Seker die belangrikste is dat die verf verdun moet word met water, tot dit omtrent lyk soos pannekoekbeslag – iets wat ons VLV-tannies mos moet ken!

 

Maak seker jou artikel is stofvry en het geen los stukkies verf van ‘n vorige doen-dit-self poging nie. Verf 2-3 lae. Wanneer die laaste lag droog is, moet jy Annie Sloan Wax aanwend met ‘n kwas of linnelap. Hierdie waslaag raak later hard en waterdig.

 

Indien jy nie die waslaag aanwend nie, stel sy voor om jou artikel te verf met “Stone Seal”, nog een van hulle produkte.

 

Na Dale se jare as mediabestuurder by Tuis tydskrif onder andere, het sy definitief ‘n aanvoeling vir wat werk en waarvan mense hou – en die oggend was ‘n inspirasie vir Malmesbury-tak. Een lid wen toe die bal-en-klou bankie wat mooi gemaak is en klomp lede is huis toe met blikke verf!!

https://www.facebook.com/chiselandchalk

https://www.anniesloan.com/

 

Dale Niehaus en Annie Sloan Chalk Paint

LNR Sorietha van der Westhuizen (Kunste en Handvlyt Sameroeper), Antoinette Malherbe, Dale Niehaus (spreker), Magda Potgieter, Erina Myburgh en Huibrè Retief.