Sirkel: SWD
Tak: Heidelberg
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Driekie Uys
Datum: 12 April 2016
Die dames het ‘n baie insiggewende middag, wat gereël is deur Maretha Wessels (VLV) en Marianna Jacobs(Badisa), saam met pleegouers gehad.
Susanna Vermeulen (hulp maatskaplike werker, maar opgeleide maatskaplike werker) het die gaste meer ingelig hoe iemand ‘n pleegouer word en hoe kinders in pleegsorg geplaas word.
Susanna Vermeulen
Kinders word in pleegsorg geplaas as:
- die kind wees is; albei ouers is oorlede
- ouers hul verlaat en verdwyn
- die kind verwaarloos word, maar word eers 3 maande in veilige bewaring geplaas om saak te ondersoek
en nog vele meer.
Pleegsorg word deur die Kinderhof gemagtig en vir 2 jaar moet die toesigdienste(maatskaplike dienste) die kind en pleegouers monitor, waarna dit weer na die Kinderhof gaan. Daar word baie verslae geskryf en alles moet aan die hand van spesifieke kinderwette gestaaf word. ‘n Pleegouer word geïdentifiseer uit die naby familie. Hul moet ook ‘n polisie ‘clearance’ sertifikaat kry om te voldoen aan die pligte as pleegouer. Die wet tree eerstens in die belang van die kind en sy regte op. Kinders wat benadeel word deur vernedering, manipulasie, molestering, nie skool blywoon nie, mishandeling word onder andere onder pleegsorg geplaas.
Ons luister verder na Hanlie Uys se komiese voorlesings. Sy verduidelik ook hoe om ‘n blom van ‘n strook gebreide wol te maak en deel aan elkeen ‘n paar breipenne en wol uit om dit self te doen.
Hanlie lees voor, Maretha maak fudge klaar
Lettie Breytenbach vertel en gee resepte vir tuisgemaakte koeldrank van jellie, asook ‘n vrugteskilkonsentraat.
Lettie Breytenbach
Maretha Wessels demonstreer ‘n sjokoladekoekie-fudge om vroue te wys hoe maklik dit is om dit te maak.
Vroue kry elkeen ‘n pakkie tydskrifte om huis toe te neem.
Hanlie tussen 2 gaste en Marianne Jacobs regs
Leave A Comment