Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Margaret van der Mescht

Datum: 12 April 2016

 

Siektes wat die kognitiewe funksies van die brein aantas word vervat onder die oorkoepelende term van demensie. Alzheimer se siekte is die mees algemene en bekende vorm van demensie.

 

Alzheimer se siekte is ‘n progressiewe neurodegeneratiewe siekte wat met tyd vererger. Daar is tipiese simptome, soos die verlies van geheue, taalgebruik, oriëntasie, probleemoplossing en algemene intelligensie, wat kenmerkend is van die siekte.

 

Die werklike oorsaak van die siekte bly steeds, na wêreldwye navorsing, onbekend.

 

Helen van Breda, mede-eienaar van Heartfelt home from home, het haar kennis van Alzheimer  se siekte met die lede van Kraggakamma-tak gedeel.

 

IMG_0118

Helen van Breda, links

 

  • Vroeë simptome is onder andere die afskeep van higiëne en persoonlike versorging.

  • Algemene onvermoë om te onthou. Hulle langtermyn geheue is normaal, maar hulle sukkel met die kort termyn.

  • Die persoon het nog ‘n persoonlikheid; respekteer hom/haar en gee baie liefde.

  • Sosiale kontak moet aangemoedig word.

  • Roetine is belangrik – hou hulle besig.

  • Aktiwiteite moet normaal voortgaan.

  • ‘n Gebalanseerde dieet is belangrik.

 

Heartfelt home from home is ‘n privaat tuiste vir diegene wat aan demensie ly. Heartfelt is nuutgebou en spesifiek ontwerp vir diegene wat hulp of verpleegsorg nodig het vir die alledaagse lewe. Die tehuis is in die Oos-Kaap, naby Port Elizabeth, geleë.