Sirkel: Kimberley & Distrik
Tak: Douglas
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Cecile Snyman
Datum: 12 April 2016
Die dames van die Douglas VLV-tak het op 12 April 2016 die plaaslike Landzicht Wynkelder besoek. Ian Jooste, assistent-wynmaker, het ons op ‘n toer deur die kelder geneem. Die proses vandat die druiwe afgelewer word totdat die wyn gemaak word, is aan ons verduidelik.
Lede tydens die keldertoer
By die wyntenks
Na afloop van die toer het Cobus Pretorius van GWK ‘n wynproe aangebied. Elke lid kon kies tussen 3 soorte wyn en het ‘n bottel gekry om huis toe te neem.
Cobus Pretorius bied ‘n wynproe aan
Leave A Comment