Sirkel: Weskus
Tak: Porterville
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Louwna Hoving, [email protected]
Datum: 7 April 2016
Konstabel Leoné Carstens en Hester Burger, Saamroeper Openbare Sake
Konstabel Leoné Carstens van die plaaslike SAPD met onderwerp Beveilig Jouself.
*Ken jou noodnommers: SAPD (10111-lyn) of plaaslike polisiestasie se nommer, asook die ambulans en bure s´n.
*Kinders moet SAPD, bure en ouers se nommers ken.
*Sorg dat jou selfoon vol gelaai en naby jou is.
*Moenie sleutels in deur laat sit of waar dit maklik gesien kan word nie.
*Moenie snags ligte in ‘n vertrek laat aanbly nie¸ behalwe miskien die badkamerlig.
*Moenie ligte in huis permanent laat brand as u nie tuis is nie.
*Vra SAPD (gee u huisadres en tydperk van afwesigheid) of bure om na u huis om te sien as u met vakansie gaan.
*Sorg dat iemand weet hoe lank en waarheen u gaan as u iewers heen ry of loop.
Vat selfoon of “pepper spray” saam. Suiwer ammoniak in ‘n sproeibottel is net so effektief.
*Hou huis te alle tye toegesluit.
*Sekuriteitkamers kan help om inbreker te identifiseer.
*Wees bedag om vreemdes of voertuigregistrasie te registreer en rapporteer aan polisie.
*Rapporteer ook persone/verdagtes wat op ‘n gereelde basis by u huis verby loop.
*Wanneer daar aan ‘n deur of venster gepeuter word, moenie uitgaan nie, bel polisie en bure en sê dis ernstig.
*Indien u betrokke raak by inbrekers, moet u dit dadelik aan die polisie rapporteer.
*Polisie doen gereeld patrollie. Versoek hulle om dit meer dikwels te doen as u daarvoor ‘n behoefte het.
*Wees bedag by kitsbanke vir vreemdelinge en laat niemand naby jou toe as jy met ‘n transaksie besig is nie.
*Dis veiliger om buite u voertuig te wees in die geval van ‘n kaping of as u voertuig onklaar raak.
*Wees altyd vriendelik met die polisie. Dit skep goeie verhoudings.
Nicolene van der Merwe (nuwe lid) en Mary-Ann van Schalkwyk (Voorsitter)
Leave A Comment