Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Charlotta van Eeden
Datum: 6 April 2016
Die Kunste en Handvlytgroep se tema was: Kunsskatte, Woordskatte en ‘n storie getitel: “my skat, my kind, my smart”.
Petro Marais lees vir ons die storie voor van Ellen Pakkies wat haar kind, wat aan tik verslaaf was, vermoor het.
Hennah Greeff (sameroeper van Kunste en Handvlyt) en Petro Marais
Aansluitend tot die tragiese storie van Ellen Pakkies, voer Hennah Greeff ‘n onderhoud met Anne Lennard. Anne se kind is self ‘n tikverslaafde.
Sy naam is Jean Dean Pearl. Afkomstig van die 2 kelners van Pearly’s Restaurant in Langebaan waar Anne gewerk het tydens haar swangerskap.
Die een kelner se naam was Jean en die ander Dean en hul het Anne hospitaal toe geneem een aand na hul skof toe Anne in kraam gegaan het. Vandaar Jean Dean Pearl. Jean Dean Pearl was 16 jaar oud toe hy tik begin gebruik het. Hy gebruik lelike taal en besteel sy familie. Hy het nog nie gewelddadig begin optree nie.
Anne vertel ons wat die dwelms vir haar kind kos.
‘n Klein pakkie dagga = R50
1 kg tik = R300
1 kg kokaïen = R1000
‘n “bottom”-pil = R120
‘n 1/2 “bottom”-pil = R45
Al die dwelms word in die Kaap gekoop en aan die Weskus verkoop. Die polisie deursoek gereeld die huise maar die verkopers hardloop weg.
Ninkie Goussard bedank Anne Lennard
Anne Lennard is een van duisende ouers wat sukkel met kinders wat dwelms gebruik. Ons is opnuut bewus gemaak van die gevare rondom dwelms.
14 nuwe dames wat sedert Februarie 2016 – April 2016 aangesluit het by Langebaan-tak
Leave A Comment