Sirkel: Overberg
Tak: Caledon
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Yvonne Pretorius
Datum: 5 April 2016
Dertien lede van Caledon-tak besoek op Dinsdag, 5 April 2016, die Caledon Hatchery. Heiko van Jaarsveld, Broeierybestuurder, het die dames op ‘n baie interessante toer deur die Hatchery geneem.
‘n Personeel van 9 staan hom by.
VLV-dames besoek die Hatchery
Die uitbroei-eiers kom vanaf die lêplaas naby Grabouw. Eiers word by 16°C – 19°C in die eierkamer gestoor voordat dit na masjiene toe gaan om uitgebroei te word.
Eiers word gebêre gedurende die eerste fase
Die eiers bly vir 18 dae in ‘n ontwikkelingsvertrek (genoem die “setters”, met waaiers, verwarmers en ‘n verkoelingsisteem om die temperatuur by 37.5° te hou. Die eiers word teen ‘n 45° helling gehou terwyl die embrio ontwikkel. Die eiers word al om die uur na die ander kant gedraai, om ook teen ‘n 45° helling te staan.
Eiers word teen ‘n helling gebêre
Hierna word hulle vir 3 dae na die uitbroeivertrek, wat die hatchery genoem word, verskuif om uit te broei. Hier word die eiers op rakke na mandjies toe verskuif. Die hele proses duur 21 dae.
Die kuikens word dan uit die mandjies gehaal, sodat hulle van die doppe geskei kan word. Dan word die kuikens in kratte getel, geweeg en ingeënt (gespuit) teen siektes. Dan word die kratte met kuikens per trok na die grootmaakplase gestuur. Hierdie hoenders kry geen groeihormone of enige ander onnatuurlike aanvullings nie, net hul gewone hoenderkos.
Kuikens word van die doppe geskei
Kuikens broei uit
Alle afval word fyngemaal en verwyder van die perseel.
Leave A Comment