Sirkel:  Middelland

Tak: Alexandria

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Dina Erasmus

Datum:  24/3/2016

 

Die toenemende voorkoms van Alzheimer se siekte weens die feit dat mense langer leef, het ons genoop om die lede breedvoerig daaromtrent in te lig.

 

Alle gaste en lede ontvang ‘n pers strikkie (Awareness ribbon) by aankoms. Pers is bewusmaking/ondersteuning van Alzheimer, ADD, Epilepsie, Lupus, meningitis en Sistiese fibrose.

 

Demensie is die oorkoepelende term wat gebruik word vir siektes wat die kognitiewe funksies van die brein aantas. Alzheimer demensis is die mees algemene tipe demensie. Dit is ‘n progressiewe siekte met geen herstel. Die deurlopende agteruitgang in geheue, algemene intelligensie, die vermoë om te leer, agteruitgang in vloei van spraak, probleemoplossing,  oriëntasie van tyd en plek, aandag en konsentrasie lei tot toenemende inkorting van onafhanklike en uitvoerende vermoëns.

 

Ons gasspreker was Nadja Fredericks. Oorspronklik van Oostenryk en nou 3 jaar in SA. Sy is ‘n familie bemiddelaar en fasiliteerder en spesialis in die veld van Alzheimer Demensie. Sy is werksaam in Grahamstad. Sy spreek die vergadering toe i.v.m. “living well with dementia”. ‘n Praktiese insig tot demensie  deur beide die pasiënt en versorger.

 

Nadia Fredericks

Nadja Fredericks – spreker

 

Belangrike feite rondom die siekte:

Ongeveer 35 miljoen mense is gediagnoseer met Alzheimer wêreldwyd.

Jy moet in hulle skoene staan om hulle te hanteer, bly kalm en geduldig.

Wees oop vir wat hulle sê en benodig, betrek die hele familie in hantering.

Hou die Alzheimerpasiënt in ‘n roetine en in `n bekende omgewing so lank moontlik.

Sluit aan (connect) met hulle in die verlede – langtermyn geheue nog aktief.

 

Een van ons takkompetisies was ’n kussing vir die mense met demensie.

Alzeimer kussing

‘n Alzheimer kussing – takkompetisie

 

Die wenners van die onderskeie Konferensie-artikels se sertifikate en trofeë word aan hulle oorhandig.

 

Alexandria Konferensie bekers

Anneli van Leefstyl met Alexandria se Konferensie bekers