Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 22 Maart 2016

 

Die subredakteur van Rooi Rose se modeafdeling, Danielle du Toit, het die lede omtrent die nuutste modeneigings kom inlig.  Sy het dit benadruk dat om ouer te wees nie beteken om minder stylvol te wees nie.  Hierdie winter se tendense is “herwinbaar”, wat beteken dat jy aantrek waarvan jy hou en wat jou goed laat voel.  Ouer dames dra hulle klere met meer selfvertroue.  Sy daag ons uit om meer avontuurlustig te wees – kleur jou hare rooi!

 

P1040153

Danielle du Toit saam met Magdeleen Joubert (sameroeper)

 

Sy beveel aan dat ons volgens die Franse klerekas beplan. Sewe of 8 items om mee te meng en pas – ‘n veelsydige, slim kas.

  1. ‘n Mooi getailleerde baadjie in swart, vlootblou of wit. Dit vertoon statig.
  2. ‘n Wit hemp wat jou baie professioneel laat lyk.
  3. ‘n Goeie jean wat mooi pas of ‘n swart of vlootblou langbroek.
  4. Skoene in natuurlike “nude” kleure of swart – dit pas by alles.

Dollie alles op met ‘n helder lipstiffie en ‘n mooi serp.

 

Kleure vir hierdie winter is goud, want dis tydloos en vintage is hoogmode hierdie jaar.  Swart, veral swart kant, helderrooi, roesbruin, mosterdgeel, mosgroen, strooi-oranje, eiervrugpers wat enige velkleur komplimenteer, asook neutrale kleure.  Ligte grys vir sonnige dae en donkerder grys vir grou winterdae, asook wynrooi en diepseeblou.

 

‘n Snyerspakkie is altyd ‘n wenner.  Donker lipstiffie is soos ‘n hoëhakskoen – dit lig jou en laat jou beter voel.  Breërandhoede en Franse pette is ook hoogmode hierdie winter!

 

P1040154

Judy Haupt is as die stylvolste dame by die vergadering “gekroon”