Sirkel: Suid-Ooskus
Tak: Loerie
Portefeulje: Gesondheid
Sameroeper: Joyce Puttergill
Beriggewer: Hester Marx
Datum: 17 Maart 2016
‘n Trotse ouma, Joyce Puttergill, stel haar kleinseun, Jeff Puttergill, aan ons voor. Jeff het pas sy meestersgraad behaal en kan nou praktiseer as ‘n volwaardige chiropraktisyn.
In die sewentiger- en tagtigerjare kon ‘n chiropraktisyn nie openlik praktiseer nie; dit is deur die toedoen van dr. Reg Engelbrecht verander sodat chiropraktyk nou erken word.
“Chiro” beteken hand en ‘n chiropraktisyn gebruik slegs sy hande deur manipulasie van bv. die werwelkolom om pyn te verlig en beweging te verbeter. Geen medikasie of operasie word deur ‘n chiropraktisyn voorgeskryf nie. Algemene klagtes van pasiënte is rugpyn, nekpyn, artritis, sportbeserings. Selfs babas met koliek word suksesvol behandel.
Dr. Puttergill gee ook wenke hoe om pyn en ongemak te voorkom; hou elmboë laag wanneer tikwerk gedoen word; slaap op jou rug (indien moontlik) met ‘n sagte kussing as nekstut en loop kaalvoet (soveel as moontlik!).
Joyce bederf ons ook elk met ‘n “survival kit“; ‘n bruinpapiersak met van vuurhoutjies tot springmielies daarin.
Dr. Jeff Puttergill en sy ouma, Joyce Puttergill
Leave A Comment