Sirkel: Tygerberg
Tak: Parow-Oos
Beriggewer: Cherryl Brand
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Datum: 17 Maart 2016
Die spreker by Parow-Oos se Maartvergadering was mev. May Huisamen. Sy het ons op toer geneem het deur Namibië.
Ons het vertrek vanaf Windhoek na die Namibwoestyn, tot in Luderitz, Kolmanskop en Mariental. Ons het ‘voetgeslaan’ deur die Visrivier Raviyn-roete na Sossusvlei.
Mev. Huisamen het vir ons al die noemenswaardige besienswaardighede opgenoem, indien ons dalk self daarheen op reis sou gaan.
Vervolgens is ons Noorde toe na die Etosha-panne Nasionale Park. Alles is mooi verduidelik, insluitende die karakter, plantegroei en grootte van die land. Ons is daarna met die ‘vliegtuig’ terug Kaap toe.
Dit was waarlik baie interessant en ‘n wonderlike ondervinding om so saam met haar te kon toer.
Elsabé Binedell & May Huishamen
Leave A Comment