Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 17 Maart 2016

 

Welkom by Kunstekafee vandag. Hou vas jou pen en potlood en ontdek jou kreatiwiteit. June Smit het eiehandig haar portefeulje bymekaar geroep en vir ons laat doodle en inkleur. Limerieke en voorlesings is gedoen en daar was tot ‘n sanggroep wat vir ons op die maat van “stuur groete aan Mannetjies Roux” geopen het.

 

maart 16 1

June Smit, Johanna Rheeder, Beppie Altintopi, Karin Morkel en Amelia Jacobs spog met hul eie gemaakte produkte

 

Om deesdae as volwassene in te kleur is baie IN. Daardeur skenk jy op daardie oomblik gedagte aan spesifieke denke = “mindfulness”. Om aan die een kant te doodle en aan die ander kant met ‘n telefoon in die hand te sit of met ‘n halwe oor na die spreker in die konferensiesaal te luister, skep jy onbewustelik ‘n onbeplande prentjie.

 

maart 2016.3

Lede aan die inkleur om hul denke te vernuwe

 

Limeriek het sy oorsprong in Ierland en die bekendste een is Hickory Dickory Dock.’n Limeriek se versmaat is aa-bb-a en so moet elke groep koppe bymekaarsit om een te skep. Kort en kragtig kom die versies na vore uit hierdie penne.

 

Na al hierdie gedoen en geskets luister ons na pittige vertellings van Elsabe en June.

 

Toe het die tyd aangebreek om Wellington-tak se Konferensie 2016 uitslae aan die tak bekend te maak. Hierdie jaar is skrikkeljaar en dit is ons jaar.

 

Wellington het verskeie 1ste, 2de en 3de plekke verower. Die Blommetrofee, Kunste en Handvlytbeker, Gebakbeker, Hekelwerktrofee, die beker vir Tak met Meeste Punte en die groot TipTopbeker vind ‘n welkome tuiste by Wellington-tak. Dit wil gedoen wees. Voorwaar ‘n wentak met wenners en entoesiastiese lede.

 

maart 2016.2

Ons wenbekers van Konferensie 2016 vasgehou deur Susan Hodgson, Sonê Jacobs, Dalene Buckle, Dawn Greyling, Marinda Rall (Sirkelpresident), Beppie Altintopi en Juanita Loubser (Sekretaresse). Voor sit  Marieta Serdyn en  Karen Barnard(Voorsitter)