Sirkel: Cradock

Beriggewer: Teresa Opperman

Datum:  2016-03-16

 

Hofmeyr-tak het hierdie jaar die 82ste Sirkelkonferensie van Sirkel Cradock aangebied in die Karoobos Lodge.  Die Bestuur en lede van die gasvroutak het reeds Maandag die lokaal in gereedheid gebring en die silwer en wit kleurskema is met ruikers donkerpienk rose in die skakering Hanna versier.  Hanna na aanleiding van ons Sirkelpresident se kleindogter Hanna, wat die afgelope jaar gebore is.

 

033 Afgevaardigdes kuier lekker saam om die ontbyttafels:   Agter: Dadda de Jager (Voorsitter Hofmeyr-tak) , Julita Puren (Sameroepster van Gesondheid Sirkel Cradock)

Middel: Miems van Heerden (vorige Leefstylsameroepster van Sirkel Cradock, en lid van Tarkastad), Sanet Coetzer (afgevaardigde vanaf Hofmeyr-tak), Estelle Kruger (Sekretaresse Hofmeyr-tak), Jos Troskie (Kunste & Handvlytsameroepster Sirkel Cradock)

Voor:  Nadia Bosch (afgevaardigde vanaf Hofmeyr-tak)

 

035

Dit reën lekker saggies maar hierdie 3 kuier op die voorstoep van Karoobos Lodge: v.l.n.r.  Sarie Botha (afgevaardigde vanaf Tarkastad-tak). Ds. Lizette Viviers (afgevaardigde vanaf Tarkastad-tak, en nuutverkose bestuurslid in die portefeulje Openbare Sake van Sirkel Cradock) en Isobel Wilken (Sirkelsekretaresse/tesourier van Sirkel Cradock)

 

Opening met skriflesing en gebed is deur Ds. Attie Boshoff van die AP Kerk in Steynsburg waargeneem . Hy neem sy boodskap uit Gen.37:5-11. Die  Here gee ons die lewe om te Leef.   Die pad na bo is afdraend.  Jy moet eers verneder word voordat jy verhoog sal word.  Hy sluit af met Fil. 2: 6-11.

 

Ronell Visser, sakevrou van Hofmeyr, neem haar boodskap oor Droom, Glo en Leef uit Genesis 1:9. God het die goeie saad gesaai, maar tog, alles wat groei, groei nie oral.  Haar droom begin in Jeffreysbaai waar sy ‘n persoon ontmoet wie se kanker in remissie is en wat kankerbos gebruik. Sy en haar lewensmaat het geen besigheidsplan maar verhuis na Hofmeyr waar die kankerbos algemeen voorkom langs die pad tussen Cradock en Hofmeyr.  Hul koop die ou pastorie, en die landjies rondom die pastorie huisves hul eerste aanplanting van kankerbos oftewel Sutherlandia.  Terwyl hulle plant, glo hul  dat God hul oes sal seën.  Hul glo vanuit die staanspoor in God en in hul produk. ‘n Groot teëspoed kom oor haar pad toe sy haar lewensmaat verloor,  maar sy leef nou haar droom.  Dit neem harde werk, maar sy ervaar groot genade. Droom groot, Glo in God en in jouself en jou vermoëns en Leef jou Droom!

 

Rika Pienaar, Sirkelpresident, lewer haar Presidentsrede.  Sy is reeds 21 jaar lid van VLVK en reeds 14 jaar op die Hoofbestuur.  Haar geloof dra haar en maak haar ‘n nuwe mens.  Vir haar was 2015 ‘n uiters moeilike jaar.   Jaag jou drome na, hou aan stap, trek jou blink skoene uit, trek jou stapskoene aan.  Wees getrou aan die droom wat jou Vader jou gee.  Doen wat jy moet doen in die vreugde wat Elohim jou gee.  Droom, Glo en Leef voluit, elke dag.

 

  1. ZAAYMAN, GINEKOLOOG VANAF MIDDELBURG VERGELYK DIE LEWE VAN ‘N VROU MET BLOMME & SEISOENE.

Dr Zaayman sien die lewe van ‘n vrou dat sy as 18-24 jarige ‘n bloeisel is.  Die somer van haar lewe breek dan aan en van 24 -40jr is sy ‘n Sonneblom.  Die vrou is ‘n stut in haar gesin en gemeenskap. Vroue bo 40-55jr betree die herfsjare en is veelkleurig en ryp soos ‘n boom oortrek met herfsblare.  Pragtig en volwasse in haar menopouse – ‘n bekorende fase.  Na 55 betree ‘n vrou die winter van haar lewe.

 

OBRé VAN HEERDEN :  DEPT. VAN GESONDHEID

Obré van Heerden van die Dept. van Gesondheid deel mee dat die grootste uitgawe van die Departement die aankoop van medikasie is, en dan natuurlik die salarisse.  Op die oomblik word talle poste verminder in die Departement, wat kommerwekkend is.  Pasiënte word deurgaans aangeraai om eers die naaste plaaslike kliniek te besoek voordat daar vir hulp by die Distrikshospitaal aangeklop word.  Presies dieselfde medikasie  is beskikbaar by beide die hospitale en klinieke, en die hospitale word oorval deur pasiënte met kleiner probleme wat netsowel na ‘n kliniek kon gaan. Daar is verskeie klinieke in haar streek, voltydse klinieke, deeltydse klinieke en dan ook posklinieke wat net soms beman word, asook kliniekvoertuie wat plase besoek.

 

GERT JORDAAN:  PEKIN BANTAMS AS ‘N STOKPERDJIE

Gert Jordaan is ‘n Hofmeyr-seun wat in die distrik van Hofmeyr grootgeword het en vandaar sy besondere liefde vir die klein hoendertjies.  Talle tipes Pekin Bantams is beskikbaar en hy het ‘n broeimasjien waarin eiers uitgebroei word.  Hy is dus nie afhanklik van broeis henne om bemarkbare kuikens te hê nie.  Gert het ook 2 jong hennetjies saamgebring wat heel gesellig die Konferensie meegemaak het, en graag tussen die trofeë gekuier het, en ook aan die rangskikkings gepeusel het.  Terwyl Gert die gehoor toegespreek het, het die hennetjies aandagtig na hom geluister, en op een stadium het enetjie selfs op sy arm geklouter en op sy skouer gaan sit om al die vrouens effe uit die hoogte te besigtig.

 

ROB SOUTHEY : KAROO PHOTOGRAPHER

Rob Southey brought several of his photographs to show the ladies how photography changes the way a person looks at the things around them.  A Power Point presentation of his portfolio was shown. Several of the photographs depict areas around Hofmeyr and Middelburg and he also takes beautiful family photographs as well as studies of his children.

 

TERESA OPPERMAN:   DIE EFFEKTIEWE GEBRUIK VAN SAGTE AMEUBLEMENT

Teresa Opperman, sameroepster van Leefstyl, het met behulp van verskeie foto’s aan die dames getoon hoedat die korrekte gebruik van sagte ameublement die omgewing kan omtower van  vaal na verruklik.  Talle voorbeelde is vertoon van omgewings waar die sagte ameublement ‘n reuse impak gehad het om die geheelbeeld van die vertrek radikaal te verander.  Talle tipes materiale en stoffeerstowwe is ook vertoon sodat die dames die gevoel kon kry van die tekstuur wat benodig word om die oog te vang en die fokuspunt te komplimenteer

 

RIA JANSEN:  TUISONDERRIG

Ria Jansen, VLV-lid van Hofmeyr, het haar ervaring van tuisonderrig met die dames gedeel.  Sy is self tuis onderrig en is ‘n groot voorstander van die metode van onderrig.

 

BEKERWENNERS :

Kuns:                                     Tarkastad ( Foto , olieverfskildery & alleenspraak)

Borduur:                               Hofmeyr (Indiese Kettingsteek aandsakkie)

Masjienwerk:                      Hofmeyr  (Damesbroek met rits, sakke en band)

Breiwerk:                              Somerset-Oos (Dames oopknooptrui)

Hekelwerk:                          Tarkastad  (Ponsjo)

Naaldwerk :                         Hofmeyr  (Hoogste punt oor alle inskrywings)

Gebak:                                  Kookhuis  (Sjiffonkoek)

Gebottel:                              Pearston  (Suurlemoenjellie)

Lekkers:                               Hofmeyr  (Nougat)

Kookkuns:                           Hofmeyr (Hoogste punt oor alle inskrywings)

Landbou:                             Hofmeyr  (‘n tuintjie in ‘n houer)

Blommerangskikking:       Somerset Oos (Loofrangskikking en

teetafelrangskikking)

Iets uit Niets:                       Hofmeyr (Artikel uit 2 liter koeldrankbottel/s)

Weefwerk:                           Tarkastad  (dokumentesak)

Handvlyt:                             Hofmeyr (tafelkrans uit eierdosies)

Wisselafdeling:                   Hofmeyr (dollaslap  damesonderbaadjie)

Verdienstelike beker:        Somerset Oos (Beste vordering – plus 81 punte)

Uitstaande artikel:             Kookhuis (Suna Oelofse se krans uit eierdose)

Tak van die Jaar:               Hofmeyr (10 trofeë en meeste punte)

 

004

Thomas Lord, pianis tydens die kamerkonsert waarna afgevaardigdes en bestuurslede genooi was

 

089

Sirkelbestuur Sirkel Cradock 16 Maart 2016:

v.l.n.r. Agter:   Alta Triegaardt (Voorsitter Kookhuis-tak, Sirkelsameroepster Opvoeding), Teresa Opperman (Leefstylsameroepster Hofmeyr-tak, Leefstylsameroepster Sirkel Cradock), Julita Puren (Sirkelpresident Somerset-Oos en Sameroepster van Gesondheid Sirkel Cradock), Ds. Lizette Viviers (lid van Tarkastad-tak en nuutverkose sameroepster van Openbare Sake Sirkel Cradock)

Voor:   Isabel Wilken (lid Hofmeyr-tak en Sirkelsekretaresse en Tesourier Sirkel Cradock),  Rika Pienaar (Visevoorsitter Hofmeyr-tak en Sirkelpresident Sirkel Cradock), Josine Troskie (Voorsitter Pearston-tak en Sirkelsameroepster Kunste & Handvlyt Sirkel Cradock)

Afwesig:  Marguerite Hattingh (Sameroepster van Openbare sake Hofmeyr-tak, hulpsameroepster van Landbou Hofmeyr-tak en Sameroepster van Landbou Sirkel Cradock)