Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Beriggewer: Alta Britz

Datum: 16 Maart 2016

 

Maria Stofberg-tak het die 84ste Konferensie van  Sirkel Worcester by KWV aangebied. Die tafels was versier met proteas en fynbos.

 

IMG_1277

Johanna van Wyk en Martina Fouche verwelkom gaste

 

20160316_083636

Hettie Stander en Isa Basson dra die vlae in

 

Die uitvoerende Burgemeester, rdl. Antoinette Steyn, het ‘n groeteboodskap namens   die Breede Vallei Munisipaliteit  oorgedra.

 

Ds. Nioma Venter, leraar  van die NG Moedergemeente was die hoofspreker. Die tema DROOM, GLO EN LEEF het  sy saamgevat in een woord nl. positiwiteit.

 

Die gaskunstenaars, Dawie, ‘n saagspeler, en sy vrou Hannelie,  wat hom op die klawerbord begelei, het luister aan die geleentheid gegee.

 

konf.

Dawie en Hanlie Ackerman

 

Die Blinde Instituut se  Boereorkes  het almal se voete laat jeuk. Salmon, ‘n gesiggestremde,  se DROOMVROU het meer as een ‘n traan laat wegpink.

 

konf

Blinde Boereorkes

 

Nick Lombaard, Kunste en Handvlyt se spreker,  noem dat musiek en visuele kuns saamgaan. Hy werk o.a. met Alzheimerpersone en met kinders. Alzheimerlyers  verstaan musiek en doen oefeninge op  die maat van  musiek . Hy moedig kreatiwiteit by kinders aan sodat hulle die geleentheid kry om te kan  leef.

 

Die mees uitstaande artikel van die kompetisies, was die aandsakkie van Indiese kettingsteek, gemaak deur Dorothy Krige.

 

IMG_0142

Dorothy Krige en Johanna van Wyk