Sirkel: Weskus

Tak: Citrusdal

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Jolien Mouton

Datum: 16 Maart 2016

 

Petro Rossouw en Colet de Kock, klinieksusters van Citrusdal Apteek, kom bemark die 527-Dieet.

 

IMG_5997

Citrusdal Apteek se klinieksusters, Petro Rossouw en Colet de Kock en Michelle Theart van Women in Training

 

Hierdie dieet is slegs ‘n aanvulling, dit kan deur enige iemand gebruik word aangesien dit ‘n natuurlike produk is.  Die 527-Dieet is ook ‘n hulpmiddel vir toegewyding aan ‘n gesonde leefstyl. Bloedsuiker, cholesterol en bloeddruk word gemonitor deur die susters van die apteek.

 

Michelle Theart, ‘n persoonlike afrigter van Women in Training, vertel lede hoekom oefening belangrik is vir die liggaam.  Michelle het gespesialiseer in oefening vir bejaardes en swanger mammas.  Sy bied ‘n mobiele diens aan deur toerusting na kliënte se huise te neem en afrigting te gee in die gemak van hul huis.

 

Santie de Haan en Betsie Visser kom demonstreer aan lede tokreen. Tokreen is ‘n vloeibare rubber. Enige voorwerp kan gebruik word vir tokreen. Plak skulpe, lap ens. op die voorwerp en dan word die tokreen bo-oor geverf. Sodra dit droog is, word skakerings van goud, silwer en brons liggies bo-oor geverf.

 

IMG_6003

Santie en Betsie verf tokreen oor hul skeppings

 

IMG_6013

Betsie Visser, Santie de Haan en Astrid Basson met hul voltooide tokreen-skeppings