Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 16 Maart 2016

 

Ons trap spore in Italië. Elcia de Foglio het ons op ‘n toer deur Italië gevat. Ons besoek dorpies en beleef al die kunste, feeskosse en tradisies van elke streek.

 

Sy wat self daar gewoon het, het ons honger gepraat met haar vertellings oor al die heerlike pasta, selfgemaakte kase en wyn. Na die gasvryheid, musiek en kuier om die lang tafels het ons self gesmag na pizza. ‘n Ligte pasta-ete is bedien .

 

Ons VLV-tak spog met Konferensiepryse:

1ste Prys – Breiwerk  Francis Coetzee

2de Prys – Plaasprodukte (seep) Irma Siebritz

2de Prys – Fotografie Marlene Dirkse van Schalkwyk

MBPV – 1ste Prys – foto Cornelia

Handwerk 1ste plek

Kunste en Handvlyt 3de plek

Meeste punte in totaal: 3de Velddrif

Baie geluk aan die Tak met hul mooi bywoning en deelname aan die kompetisies.

 

IMG_9478

Lede neem deel aan  kompetisies

IMG_9493

Meeste punte: Lin Smit en Irma Siebritz ( 2dePrys- Plaasprodukte)

 

IMG_9494

MBPV – Wenfoto  Cornelia van Dyk