Sirkel: Middelland

Datum: 16 Maart 2016

 

Suid-Afrika gaan gebuk onder die knellendste droogte sedert die vroeë negentigs. Die plattelandse ekonomie loop die gevaar om heeltemal in duie te stort en voedselsekerheid word bedreig. Boerdery in Suid-Afrika staan op die rand van grootskaalse tragedie.

 

Ons boere in die Oos-Kaap is glad nie gevrywaar van die droogte se verrykende impak nie. Middelland se VLV-lede dra die boere in gedagte en in gebed, maar besef dat dade net so belangrik is. Daarom het Sirkel Middelland tydens die pas afgelope Konferensie R5000 vir veevoer aan Agri Oos-Kaap bewillig.