Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Victoria-Wes
Studierigting: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 11 Maart

 

Die lede het op genoemde datum Storietyd by die biblioteek in die informele nedersetting aangebied. Kleuters wat nie speelgroepies / kleuterskole bywoon nie, is betrek.

 

Vooraf is bewegings op maat van tannie Carike Keuzenkamp se liedjies gedoen. Daarna is aan die kleuters verduidelik wat ‘n biblioteek is. Hul is gewys hoe om ‘n boek te hanteer en dat handjies skoon moet wees wanneer met boeke gewerk word. Toe was dit storietyd. Rooikappie was eerste aan die beurt en daarna is ‘n verhaaltjie oor die twee towerwoordjies (dankie/asseblief) vertel. Laasgenoemde is deur ‘n lid geskryf.

 

Die kleuters het elk broodjies en ‘n ysie ontvang en hulle moes natuurlik die towerwoordjie gebruik!

 

Nadat die kleuters vertrek het, is met die res van die vergadering voort gegaan.

 

V__E992
Kleuters luister na Rooikappie