japie

 

VLV, Sirkel Tygerberg, bied vanaf  1 Maart  2016, saam met Tafelberg Veteraan Trekker en Enjin klub, ‘n armoedeverligtingsprojek ten bate van BADISA aan.

 

Ons noem hierdie projek JAPIE SE BERSIE, ter ere aan die Vaaljapie trekkertjie wat deur die Trekkerklub gebruik word om oral vir die projek reklame te maak.

 

Die projek bestaan daaruit dat vrywilligers gevra word om gebreide en gehekelde blokkies van 20 x 20 cm uit dubbeldraad breiwol, in enige kleur, met 4mm hekelpenne of 3.75 tot 4.75mm breipenne te maak. Dames word versoek om die ente van die breiwol weg te werk.

 

Die voltooide blokkies sal deur BADISA gebruik word vir verdere werkskepping en daarom word die blokkies nie aanmekaar gewerk nie.  BADISA se eie werksgroepe sal die blokkies verwerk tot komberse, truie, sakke en serpe.

 

Die projek loop ten einde by die jaarlikse Trekkerfees wat van 5 tot 7 Augustus 2016 by die Môreson plaas buite Malmesbury gehou word.

 

Blokkies kan gepos word aan Mariette Krige, by Keurboomlaan 41, Amandelrug, Kuilsrivier, 7580 of  bel asb. 0826707637  of 021-9030306. Dit kan ook gelewer word aan enige VLV-tak in die Tygerberg.  Bel hieroor vir Caro Ekermans by 021-9765798/0829210018 of Lettie van Wyk by 021-9758452/ 082609254