Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Alta Britz

Datum: 10 Maart 2016

 

Me Ronelle Smith, skoolhoof van Worcester Voorbereidingskool, bring twee van haar leerlinge saam en skets elkeen se agtergrond. Quinece Philander is ‘n gestremde graad 1 dogtertjie en het ‘n baie beperkte gebruik van haar ledemate.  Sy is  rolstoelgebonde.  Sy was in Shaun Kelly, Sentrum vir Multigestremdes, waar hulle  haar potensiaal raakgesien het en sy is oorgeplaas na ‘n hoofstroomskool. Sy skryf en kleur in met haar mond.  Sy is baie vasberade en het baie deursettingsvermoë.  Astrid Tholine, Quinece se  fassiliteerder, wys vir ons voorbeelde van haar inkleurprente. Hulle is besig om ‘n rekenaarprogram op te stel waarop sy al haar werk sal kan doen.

 

20160303_152231

Inkleurprent van Quinece

 

IMG_1268

Me Ronelle Smith en Martina Fouche

 

Amy, ook graad 1, is ‘n hiperaktiewe  bondeltjie lewe en gee baie liefde en wil net soentjies gee.  Die personeel het haar nou so ver dat sy net 5 soentjies op ‘n dag kan gee.  Haar huislike omstandighede is baie swak en sy word deur  haar oupa en ouma versorg.  Amy dra vir ons ‘n gedig voor en is ook ‘n paashasie. Sy deel paaseiers, asook paasfeeskaartjies wat die leerlinge van die skool gemaak het, aan die lede uit.

 

IMG_1266

Amy en Quinece

 

Me Smit noem dat die twee leerlinge hulle as personeel baie inspireeer met hulle positiewe geaardhede.  Sy het hulle saamgebring om te wys dat ‘n mens onder alle omstandighede positief kan wees. Die onderwys kry so baie negatiewe publisiteit en dit is moeilik om positief te bly. Die hede is geskenk aan ons, die verlede is verby en oor die toekoms het ons geen beheer nie.

 

Sy vertel in kort van haar seun, Nicky, wat aan breinkanker oorlede is.  Hy was baie positief en het ook ‘n gelukkige lewensuitkyk en ingesteldheid gehad.  Dit hang alles af van hoe jy die lewe sien.  Ons moenie toelaat dat vrees vir môre , my geluk en gehalte van vandag wegneem nie.  Ons moet positiewe denke hê en mense wat negatief is, vermy. God het ons geskape na Sy beeld en niemand is minderwaardig nie.  Soms moet jy net weer met jouself ‘n “self talk” hê en jouself gelukkig dink.

 

IMG_1270

Lede ontvang  hul diensjaarkentekens:  Hettie Stander, Voorsitter, Dala Barnardo (15jr), en Jeanette Vorster (15jr) Agter: Martina Fouche (15jr ) en Helene de Wet (30jr)