Sirkel: Tygerberg
Beriggewer: Antoinette le Roux, Media-sameroeper
Datum: 10 Maart 2016
Op 10 Maart het Tygerberg sy 49ste Sirkelkonferensie gehou. Dit is aangebied deur Stellenberg Vonkelvriendinne wat ook hul 40ste bestaansjaar gevier het. Twee van dié tak se stigterslede was teenwoordig.
Annatjie Smit en Caro Ekermans – stigterslede
Reeds in 2015 het die breiwerk, hekelwerk en naaldwerk begin vorm aanneem. Pragtige werk is vertoon. Die fynste borduurwerk het jou asem weggeslaan.
Hester Geringer se aandsakkie
Hester Geringer – Mees uitstaande artikel
Die puik blommerangskikkings het jou laat besef hoeveel hoogs talentvolle, skeppende vroue lede van die VLV is. Die blomme was ‘n fees!
By die braaivleisvuur – Beginners
Twee van die gassprekers het opgemerk dat hulle nie gedink het dat ‘n mens iets so mooi – die blomringe – uit weggooi eierdosies kan skep nie. Hier was die kompetisie baie sterk.
Eierdosie blomkrans
Die kompetisie in baie van die afdelings was straf. Parow het vanjaar weggestap met die groot prys. Kort op hulle hakke was Goodwood.
Maretha Bester, Voorsitter van Parow, wentak
Wenda Preuss, Voorsitter van Goodwood – Presidentstrofee vir uitsonderlike takprestasie
Dit is ‘n voorreg om lid van VLV te wees. Dit bied soveel geleentheid om te groei, jou vaardigheid en kreatiwiteit te verbeter en om mense te ontmoet wat omgee vir mekaar.
Leave A Comment