Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Louwna Hoving, [email protected]

Datum:  10 Maart 2016

 

Rika du Plessis van Natuurbewaring verduidelik die geskiedenis van die kunswerke van die Aboriginies in Australië en Suid-Afrika se Khoi- en San-inwoners.  Australië is geografies so groot soos die hele Suidelike Afrika.

 

Australië geskiedenis:  Die eerste Aboriginies het 60 000 jaar gelede in Australië arriveer.

 

Die eerste kontak met Europeërs was in 1606 en 1616 met Hollandse skepe op die Noordkus, in 1699 met Dampier, eerste Engelsman aan die Weskus en in 1770 met kaptein Cook aan die Ooskus.  Die eerste Britse Setlaars het in 1788 in Botany Bay aangeland.  Hulle rotskuns beeld verskeie rituele, gelowe en bygelowe uit, soos byvoorbeeld die Rainbow Serpeant wat uitbeeld die twee vroue wat dieselfde man wou hê.  Die een het toe die ander een in die water ingetrek en verdrink soos wat die krokodil doen.  Hulle tekeninge bestaan uit visse, kangaroes, waterskilpaaie, tiere, die Dingo (ingevoerde hond), skepe en byle.  Omdat daar geen natuurlike soogdiere is nie, speel die buideldiere ‘n groot rol in hulle uitbeeldings.  Hulle maak ook gebruik van X-ray paintings waar die binnegoed geteken word, of ook die kolletjietegniek.   Dit is besonders van Australië.

 

2

Aboriginiese kuns in Australië

 

Suid-Afrikaanse geskiedenis:  Die Homo naledi-spesie dateer reeds so ver as 3 miljoen jaar gelede.  Die eerste Suid-Afrikaanse rotskuns is sowat 75 000 jaar gelede by Blombos gedoen en was net kraptekeninge op rots.

 

1

Eerste Suid-Afrikaans rotskuns

 

Navorsing word gedoen deur plant- of dierematerie deur ‘n masjien te sit en die koolstofatome wat afgeskei word kan dan die ouderdom dateer.  Die grotbewoners het alles net so in die grot laat lê en dus die rede hoekom daar verskillende lae opgebou is. Die toetse kan nie op rotse gedoen word nie omdat die klip verbrokkel.

 

Verskeie mediums is gebruik om kleur te verkry, soos bv. wit kaolienklei, vet, bloed, plantsappe en swart houtskool, asook ysteroksied wat geoksideer het in die klip.  Stokkies, ystervarkpenne of vingers is gebruik om die verf aan te wend.

 

Die tekeninge het uitgebeeld wat hulle gedoen het in die alledaagse lewe en hul rituele.  Diere is ook baie belangrik in die kuns.  So beeld die olifant die familiebande uit, die eland is deel van die ritueel vir ‘n seun om man te word.  Wanneer hy ‘n eland kan doodmaak, word die vel gebruik as karos om aan hom beskerming te gee teen die koue en dit is dan ‘n teken dat hy vir homself kan sorg.  Mans en vroue, visse, jagtoerusting en diere word pertinent in die tekeninge uitgebeeld.  Seilskiptekeninge kom voor in die Groot Winterhoekberge.  Die San was ‘n nomadiese volk en die tema van die tekeninge was dus nie noodwendig gebonde aan die omgewing nie.

 

okerblmbos

 

Die kunswerke word bedreig in Afrika omdat dit beskadig word deur oorlogvoering en ontploffings.  Brandberg se vrou is eintlik ‘n tekening van ‘n man, maar dit is beskadig as gevolg van te veel water.

 

In Australië word die tekeninge oor geteken om dit behoue te laat bly.  Omdat die kuns daar nie so oud is nie, word iemand in die stam benoem om dit oor te verf omdat dit as toerisme te bevorder.

 

3

Mary-Ann van Schalkwyk, Voorsitter, Rika du Plessis, spreker en Joey Koen, Saamroeper Kunste en Handvlyt.