Sirkel: Tygerberg
Tak: Stellenberg Vonkelvriendinne
Beriggewer: Antoinette le Roux
Datum: 10 Maart 2016
Stellenberg Vonkelvriendinne was die aanbieders van ‘n uitstekend georganiseerde konferensie. Die saal was kleurvol versier met deelnemers se blommerangskikkings van hoogstaande gehalte.
Mary Honibun, bekend vir “Bread tags for Wheelchairs”, is as dankie-persoon gekies om haar te vereer vir die groot hoeveelheid rolstoele wat sy aan behoeftige persone voorsien het sedert 2006.
Tanya O’Connor was as hoofspreker gekies. Die tema was “Droom, hoop en leef”. Sy is ‘n kleurvolle karakter met vele fasette: skrywer, kunstenaar, renjaer en nou ook ma en motiveringspreker. Na haar man se dood in 2003 – het sy nuwe perspektief in die lewe gesoek en twee boeke geskryf. Haar boek, Hallo Lewe, handel oor hoe sy dood, vergifnis, depressie en teleurstelling beleef het. Sy het ook die eerste inkleurboek vir grootmense gepubliseer. Benewens joernale en boekresensies is sy nou reeds besig met die vierde inkleurboek.
Ons sê maklik vir iemand wat hartseer beleef dat ons weet hoe hulle voel, maar kan ons regtig weet? Elkeen beleef pyn, hartseer, ens. op ‘n ander manier. Sê liewer: “Praat maar, ek wil luister.”
Leave A Comment