Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Murraysburg
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Lina van den Berg
Datum: 10 Maart 2016
Tydens die Openbare Sake vergadering van Murraysburg VLV, het Alna Theron oor die onderwerp “Goeie geldgewoontes en entrepreneurskap vir kleuters en jong kinders” gepraat. Aangesien kinders deur voorbeeld leer, is dit noodsaaklik dat ouers self verantwoordelik met hul finansies omgaan. Goeie geldgewoontes en entrepreneurskap gaan beslis hand aan hand. Sy gee waardevolle wenke oor hoe om kleuters en jong kinders te leer om te spaar, hul spaargeld te geniet en ook om ‘n klein deel daarvan weg te gee. Sodoende leer hul vroeg reeds beplan vir doelwitte en ook sosiale verantwoordelikheid. Sy gee duidelike riglyne oor wat ouers op spesifieke ouderdomme van kinders kan verwag. Moedig kinders ook aan om “hoekom”-vrae te vra, “buite die boks” te dink en om oplossings vir probleme voor te stel. Vaardighede wat dwarsdeur hul lewe van waarde sal wees.
Herwinning en bewaring van ons kosbare hulpbronne het ook aandag gekry. Wilna Pienaar het ter illustrasie ‘n demontrasie gegee van wat alles met afvalprodukte gedoen kan word – sommiges selfs eenvoudig genoeg vir jong kinders om te bemeester.
Artikels uit afvalmateriaal gemaak deur Wilna Pienaar
Elma Immelman het vir ligter oomblikke gesorg met ‘n humoristiese voorlesing uit die boek “Tussen die vloer en die politoer” van Esmé Mittner.
Aanbieders van die program: Elsabe Louwrens, Alna Theron, Elma Immelman, Wilna Pienaar en Lina van den Berg
Leave A Comment