Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Charlotta van Eeden

Datum: 9 Maart 2016

 

Dalena van der Vyver (lid) het ons toegespreek oor die voedingskema by skole.

 

Sy is ‘n oudonderwyser van Elizabethfontein Primer in Clanwilliam en is betrokke by die voedingskema van 56 skole. Ons is die waarde van ‘n voedingskema by kinders ten opsigte van hul skolastiese opvoeding ingelig.

 

Die spreukwoord “You cannot teach a hungry child” is so waar. Daar word kos gegee aan 1015 skole in die Wes-Kaap. Die voedingsprogram verhoog inskrywing van kinders by skole en voorkom afwesigheid. Dit voorkom ook dat kinders die skool vroeg verlaat.

 

Dit is ‘n mensereg om basiese voedsel te ontvang. Hierdie program voorkom hongerte en siektes. Kinders leer, begryp en konsentreer dus beter. Hierdie voedingsprogram bevoordeel nie net die kinders nie, maar ook die hele gemeenskap.

 

vlv vergadering 9 Maart 028

Dalena van der Vyver (spreker) word bedank deur Maretha Buckle, (Saamroeper Opvoeding en Kultuur)

 

Ons is ook vermaak deur die rieldansers van Elizabethfontein Primer / Clanwilliam. Die skoolhoof, mev. Dames het ons meer ingelig oor rieldans.  Hul skool het 276 leerders.

 

vlv vergadering 9 Maart 026

Mev. Dames, mej. Kotze (middel) en mev. Dalena van der Vyver by die rieldansers

 

vlv vergadering 9 Maart 005

1ste plek vir Langebaan-tak. Twee1ste plekke vir inskrywings en ‘n sertifikaat vir verdienstelikheid is toegeken. LNR Hilary Nepgen, Corlia Basson, Isabel Basson, Rouxleen Moran, Aletta Heydenrych, Hetta Mans, Magda Smit en Ninkie Goussard