Sirkel: Noordwes-Kaap
Tak: Upington
Portefeulje: Opvoeding En Kultuur
Beriggewer: Magda Le Roux
Datum: 3 Maart 2016
Die Opvoeding en Kultuur-span o.l.v. Marinda vd Westhuizen reël ‘n heerlike bederfdag vir die inwoners van Oranjehof Ouetehuis. Mev Sunette Louw reël die musiekkonsert. Die orkes open met Laat Heer U seën op hul daal. Mev Marinda v.d. Westhuizen open met skriflesing en gebed. Daarna trakteer die orkes ons met ligte liedjies soos Die Kalfiewals, Bloubergstrand en You are my Sunshine terwyl die bejaardes lewendig saamsing.
Mev. Babsie Strauss, nou ook ‘n inwoner in die tehuis, maar nog steeds lid van die tak, het ‘n paar pittige grappe vertel.
Heerlike eetgoed, tee en koffie word aan die inwoners bedien.
VLV-lede onttrek om vergadering te gaan hou. Die prysuitdeling vir 2015 kompetisiedeelnemers vind plaas. Corrie Botha behaal die meeste punte en Rina Brink die 2de meeste punte. As pryse ontvang hul VLV-teelepels en koekvurkies. Joey Neethling, Helene Kriel en Magda le Roux het ook deelgeneem.
Leave A Comment