Sirkel: Weskus

Datum: 2 Maart

 

 

Die verwelkoming en bekendstelling word deur mev. Estelle du Plessis, Sirkelpresident,  gedoen. Ds. Danielle van Zyl, Citrusdal  NG Gemeente, doen ‘n gepaste opening uit Eseg.36. Die Internasionale Gebed en kersseremonie vind hierna plaas.

 

Mnr. Alwyn vd Merwe, Voorsitter Landbouvereniging, dra sy groeteboodskap aan VLV-dames oor.

 

Mev. E. du  Plessis lewer haar Presidentsrede en –verslag. Die hoogtepunt is dat Sirkel Weskus nou die grootste sirkel in Kaapland is met 507 lede.  Goeie werk word in gemeenskappe gedoen om VLV sigbaar te maak.

 

Hierna word die aanbiedings deur die Sameroepers gedoen:

 

  • Landbou & Tuinbou:

Saamroeper : Gina Smit : Onderwerp – Die vrou as waardetoevoeging tot die boerderyonderneming.

  • Leefstyl:

Saamroeper : Joline Russouw : Onderwerp – Kombuiswenke + nuttige artikels vir die kombuis

  • Gesondheid:

Saamroeper : Denise Bester : Onderwerp – Dementia – Simptome + hoe om teenoor pasiënt op te tree word behandel.

Uitstalling  van hulpmiddels vir pasiënte is gedoen en die patroon vir die “vroetel”voorskoot is aan takke gegee.

  • Openbare Sake:

Sprekers:  Abigail Nell : UIF;   en Edwina Smith (Departement Mannekrag): Onderwerp: Labor for domestic workers en Sektoriale determinasie van huishulpe.

  • Kunste & Handvlyt:

Spreker:  Eduard Greyling – Onderwerp: “My lewe as balletdanser” en vertoon videogrepe van sy balletdanse.

 

IMG_5840

Marlene D. van Schalkwyk (Saamroeper Kunste & Handvlyt), Eduard Greyling (spreker)  is  bedank deur Esther Strauss

 

GASSPREKER: Mev. Rina Brink, Opvoedkundige sielkundige – DROOM, GLO, LEEF/ DREAM, BELIEVE, LIVE

Drome: Ons moet dit prakties uitleef – soms doen ons dit nie, want ons glo nie in onsself nie of ons het verkeerde persepsies van wat dit moet wees. Ons kan later ook spyt wees dat ons nooit die drome uitgeleef het nie.  Dit is ‘n keuse wat jy moet maak. HOOP maak ook ‘n groot verskil in jou drome en wanneer jy dit uitleef is jy weer van waarde vir die gemeenskap. Ons moet luister na mekaar, lag saam en maak jou eie besluite – wees realisties in wat jy kan vermag!

 

IMG_5822

Gasspreker mev. Rina Brink is bedank deur Elsabe Carstens

 

Mev. Elizabeth Cloete verskaf kompetisiewenke vir 2017.

 

SIRKELBESTUUR:  2016

President : mev. Estelle du Plessis

Visepresident : mev. Denise Bester

Sekretaris : mev. Muggie du Toit

Tesourier: mev. Sinnie Koegelenberg

Saamroepers :

Gesondheid : mev. Denise Bester

Opvoeding & Kultuur : mev. Elmarie Cumpsty

Kunste & Handvlyt : mev. Marlene D. van Schalkwyk

Landbou & Tuinbou : mev. Elsabe Carstens

Leefstyl : mev. Joline Russouw

Openbare Sake : mev. Nicoline Brown

 

 

IMG_5855

Sirkelbestuur vir 2016

 

PRYSUITDELING:  Word waargeneem deur mev. Denise Bester, visepresident en mev. Rosa Lategan doen die oorhandiging.

 

Verdienstelikheidsertifikate word aan 4 takke uitgedeel nl. : Citrusdal, Langebaan, Piketberg en Porterville vir goeie diens en beeld uitgedra in gemeenskap.

 

Mev. Elizabeth Cloete ontvang ‘n sertifikaat vir haar jarelange bydrae as beoordelaar asook waardevolle insette in KYKNET-program “Koekedoor”.

 

Clanwilliam-tak sal die 85e VLV-Konferensie in 2017 DV aanbied.

 

‘n Baie geslaagde en leersame Konferensie word afgesluit met uitdra van vlae,  die samesang van VLV-lied en die lede vorm ‘n vriendskapskring.

 

IMG_5857

Mev. Marinda Rall (Paarl), mev. Rosa Lategan (oud-Sirkelpresident), mev. Estelle du Plessis (Weskus), mev. Heidi van Niekerk (Namakwaland),  mev. Louwna Hoving (oud-Sirkelpresident)