Sirkel: Suid-Ooskus

Tak: Loerie

Portefeulje:  Leefstyl

Sameroeper: Jean Steenkamp

Beriggewer: Hester Marx

Datum:  18 Februarie 2016

 

Wees lief vir jou elektriese kombuistoebehore! En hoe bewys jy liefde aan jou stoof, yskas, wasmasjien en tuimeldroër?

 

Axel Brauer van Jeffreysbaai weet presies wat gedoen moet word om jou geliefde apparate skoon, heel en gelukkig te hou. Die dames luister aandagtig terwyl hy verduidelik en raad gee.

 

Skoonmaak – op die korrekte manier – is eerste op sy lys.  Smeer die stoofplaat met kookolie nadat jy dit met ‘n spons afgewas het; gebruik ‘n naelborsel en was die yskas se deurseël met warmwater en Handy Andy; die wasmasjien word elke drie maande met warm water en ammoniak skoon gemaak. Ook die yskas se aflooppypie moet aandag kry; maak skoon met kookwater en asyn. Skuif daardie yskas en stoof eenkeer per jaar en maak skoon!

 

Axel gee ook nuttige wenke; die tuimeldroër moet genoeg spasie hê sodat warm lug uitgeblaas kan word; die stoof se deur moet regtigwaar dig sluit, anders gaan so baie hitte verlore; ‘n yskas moet skuins na agter staan sodat die deur vanself toegaan.

 

Dalene,  eggenote van Axel,  is voorwaar ‘n gelukkige huisvrou.

 

001 stoof

Axel en Dalene Brauer, sameroeper Jean Steenkamp