Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Erika Lubbe

Datum: 17 Februarie 2016

 

Die spreker, Nita van Zyl, leerkrag van die plaaslike skool, het vertel van haar stokperdjie, koekversiering met fondant, wat nou vir haar ’n ekstra en ook ’n goeie bron van sakgeld geword het.

 

Spreker, Nita van Zyl

Nita van Zyl

 

Nita het geen opleiding daarin gehad nie en het gebruik gemaak van programme op die Internet om die nodige kennis in te win. Drie jaar gelede het sy begin deur elke beskikbare tydjie tussen die skoolperiodes/-aktiwiteite en twee kleuters te benut en in alle erns begin koeke bak en dit met fondant versier. Tot op hede het Nita 750 koeke (groot en klein) gebak en met fondant versier vir verskillende geleenthede, vierings en herdenkings vir oud, jonk en selfs ongebore babas.

 

Fondant is ’n eetbare koekversiering wat gebruik word om koeke te versier. In Frans beteken die woord: ‘smelt’ en stam af van die woord, fondue.

 

’n Mens kry verskillende soorte fondant en jy kan dit selfs self maak ook. Fondant kan gekleur word met produkte wat ’n water- (gewone koekkleursel), ’n gel- en ’n poeierbasis het.

 

Nita het geleidelik vir haar die nodige apparate, drukkertjies en vormpies aangeskaf en het demonstreer hoe sy die blomme, blare, figuurtjies, groente en vrugte van fondant maak wat sy vir die versiering van die koeke gebruik.

 

Sy het ook demonstreer hoe sy ’n koek eers bo-op en langs die kante (die sye) met ’n plat smeermes egalig met gewone botterroom versiersel bedek en glad maak. Sy het seker gemaak dat daar geen onegaligheid of krummels bo-op of langs die kante van die koek agtergebly het nie en het dit daarna vir ten minste 30 minute in die yskas geplaas. Sy het toe die voorbereide koek geneem en demonstreer hoe sy die voorbereide fondant oor die koek drapeer, maak pas en glad afwerk deur gebruik te maak van ’n fondant smoother. Daarna het sy die koek met die fondant blommetjies en figuurtjies wat sy demonstreer het, versier.

 

Nita het haar praatjie afgesluit met ’n PowerPoint-vertoning met van die koeke wat sy oor die drie jaar gemaak het.

 

V.l.n.r. Leefstylsaamroeper, Landi de Beer; spreker, Nita van Zyl; Marazaan Van Jaarsveld

LNR Landi de Beer, Leefstylsaamroeper; Nita van Zyl, spreker; Marazaan van Jaarsveld, lid