Sirkel:  Weskus

Tak:  Clanwilliam

Portefeulje:  Openbare Sake en  Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Riana Burger

Datum: 17 Februarie 2016

 

Tydens die vergadering het ‘n plaaslike prokureur, me. Kay Steenkamp, lede kortliks ingelig oor die verskillende tipe howe in Suid-Afrika, nl. Konstitusionele hof, Hooggeregshof, Landdroshof, Kinderhof ens.  Sy het egter meer uitgebrei oor die Hof vir Klein Eise.  Enige siviele eis tot en met R20 000.00 kan in hierdie hof hanteer word.  Dit is n informele tipe hof en het minimum onkoste.

 

Die sameroeper vir Landbou & Tuinbou het verskillende eetbare blomme, soos rose, laventel, kappertjies ens., in die tuin uitgewys en voorstelle vir die gebruik in kos asook garnering  gemaak.

 

Die hoogtepunt van die vergadering was egter die Sirkelpresident, me. Estelle du Plessis, se besoek.  Me. Du Plessis het lede gemotiveer om die komende Konferensie by te woon en ons gelaat met ‘n paar inspirerende gedagtes.

 

Die tema van die vergadering was Liefde in die Harte (aangesien dit dae na Valentynsdag was). Lede moes ook wit aantrek vir die geleentheid. Mev. Augusta Nel het volgens die beoordelaar die tema die beste uitgebeeld.  Sy is reeds meer as 60 jaar lid van VLV en ‘n inspirasie vir al die jonger lede met haar lojaliteit en toewyding.

 

DSCN9111

LNR Alida Stone (Sekr), Esther Strauss (Voors), mev. Augusta Nel, mev. Estelle du Plessis (Sirkelpresident)