Sirkel: Tygerberg
Tak: Durbanville
Beriggewer: Hester Geringer
Datum: 17 Februarie
Dis al weer die begin van die jaar en ons het soos gebruiklik, tydens ons eerste vergadering van die jaar, ons groot takbeoordeling van konferensie-artikels. Hier is ons Sirkelpresident, mev. Caro Ekermans en mev. Martie Jordaan besig met die beoordeling.
Elke jaar met ons eerste vergadering vereer ons ook diensjare. Hier is ‘n aantal lede van ons tak wat spog met hulle knopies.
Dis nie elke jaar wat dit ons beskore is om met ons eerste vergadering sommer 4 nuwe lede te verwelkom nie. Ons was besonder gelukkig hierdie jaar.
LNR Hettie Zaayman, Mari Jouberg, Menitza Visser,Hermien Treurnicht
Leave A Comment