Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 17 Februarie 2016

 

Helene van der Westhuizen, die eienaar van Simply Bee, en haar span het ons mooi vertel hoe Simply Bee ontstaan het. Sy deel met ons baie interessante feite oor bye.  Riaan, een van haar werkers in sy byepak met sy roker, demonstreer hoe die byekorf werk. Kiste word berook om die bye te bedwelm, sodat die heuning uitgehaal kan word. Die ratel is ‘n natuurlike vyand, wat die byekiste oopbreek en die larwes opvreet.  Sy vertel ons dat in een so ‘n korf 20 000 tot 80 000 bye woon. Daarvan is ongeveer 200 mannetjies.  Daar word 2 000 of meer eiers per dag gelê. Na paring gaan die mannetjie dood. Die koningin bepaal hoeveel manlike en vroulike eiers gelê word. Die gewone wyfies doen al die werk in die korf.

 

In die winkel is verskeie produkte van heuning wat ons kon koop.

 

IMG_1848

Simply Bee die byewinkel op Hopefield

 

Ons besoek ook die Hopefield NG Kerk wat in 1851gebou is met sy mooi loodglasvensters wat inwoners self gemaak het. Maestro Julian Melck het ons na ‘n ander wêreld  weggevoer met sy lieflike orrelspel.

 

IMG_1862

 

Ons  sluit af met ‘n heerlike ligte ete by Die Plaasmol. Daar word alles verkoop wat van herwinbare produkte gemaak is.  So skep hul dan ook werk onder die plaaslike gemeenskap. Daar is allerhande diertjies, ‘n kwekery en ‘n horde vetplante. Die tuin is pragtig ontwerp met optelgoed, regtig iets om te beleef.

 

IMG_1865  IMG_1877

 

Tuis by die huis na ‘n heerlike dag op die bus.