Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Kunste & Handvlyt

Saamroeper: Esta Twigge

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 16 Februarie 2016

 

Leana Erasmus van Dusty Pics het haar aanvanklik toegespits op foto’s van perde en een van haar foto’s het reeds in 2004 op Die Landbouweekblad se voorblad gepryk. Vandag neem sy ‘n wye verskeidenheid foto’s. Sy het elke lid van Vryburg VLV die geleentheid gegee om meer te leer van die werking van haar kamera of selfoon.

  • Neem liefs foto’s in beskikbare lig, want dit laat die beeld meer natuurlik lyk. Neem buitelugfoto’s liefs teen sonop of sononder.
  • Dit is nie nodig om die duurste kamera of lense op die mark te koop nie.
  • Outomatiese kameras stel outomaties, maar kennis van die verstellings sal beter kontrole oor die kamera verskaf.
  • Die grootte van die lensopening en die helderheid van die toneel is die faktore wat bepaal hoeveel lig die film of sensor op ’n gegewe tyd bereik, en die sluiterspoed bepaal vir hoe lank dit op die film of sensor skyn. Dieselfde beligting kan bereik word met ’n groter lensopening en vinniger sluiterspoed as met ’n kleiner lensopening en stadiger sluiterspoed. Lae filmspoed of ISO kan beelde verwring terwyl hoë spoed skerper beelde gee. In swak lig kan die ISO verhoog word om te kompenseer vir groot lensopening of stadige sluitspoed.
  • Die sluitermeganisme beheer die tydsduur wat lig in die kamera skyn. Stadige sluitspoed kan in helder lig gebruik word en vinnige spoed in minder helder lig. Vir sport of aksiefoto’s moet motion of sport model gebruik word.
  • Eenvoudige kameras het ‘n vaste fokus en gebruik ‘n klein lensopening en wyehoeklens om alles binne ‘n sekere afstand in fokus te hou. Met baie kameras kan die fokus gestel word vir bepaalde soort foto’s aangedui deur simbole, bv. kop en skouers vir portretstudies of ‘n berg vir landskapfotos (wyehoeklens laat meer lig toe).

 

Erasmus Twigge - Copy

Leana Erasmus en Esta Twigge

 

Lede was in rooi geklee om die maand van die liefde te vier. Elkeen moes vertel hoe sy haar geliefde bederf het. Hier is die wenner se gedig:

 

Aan my man – net om te sê

‘n Traan glinster in my oë, ek wil nie hê jy moet dit droë.

Saam kan ons lag, saam kan ons huil, saam kan ons wag.

Gebed gee ons hoop, want God se liefde het ons vasgeknoop.

Dis meer as dertig jaar en jy was nog altyd daar.

Na sewe sakke sout, is ons liefde nog nie koud.

Met jou groot hande en sagte hart, hou jy altyd my hand.

Ek moet ‘n bekentenis maak, hierdie is ‘n belangrike saak.

Ek mag foute hê, maar hierdie moet moet ek se –

My hart is op die regte… en dit is by jou!

 

Esta Nellie Marietjie Memory Daline Arine Bertie Magda Elize - Copy

Getooi in rooi: Esta (Voorsitter), Nellie (Sekretaris), Marietjie (Visevoorsitter) by Memory, Daline,  Arine, Bertie, Magda en Elize

 

Lede het die afgelope jaar blokke gebrei en nou het die groot taak begin om dit aanmekaar te werk. Kombersies sal aan ‘n skuiling vir mishandelde vroue en kinders oorhandig word.

 

Martie Ora Soekie Esta Nellie Arine - Copy

Martie, Ora, Soekie, Esta, Nellie en Arine by die eerste kombers