Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 16 Februarie 2016

 

Lian Olivier van Lo’s Honey en ‘n byeboer van formaat, het die lede van sy passie vir bye kom vertel.  Hy was sewe en ‘n halfjaar in Amerika waar hy met bye gewerk en sy kennis uitgebrei het.  Hy het die tak van die probleem met jongbysiekte kom inlig.  Die siekte word in die spore gedra. Die Kaapse bye is op die oomblik onder kwarantyn.

 

P1040122

Karin Marais (sameroeper) en Lian Olivier

 

Alhoewel die bye in S.A in die winter behandel word, word hulle nie met antibiotika gevoer nie.  A.g.v. die droogte vind daar nie baie bestuiwing plaas nie, en dus gee die bye nie veel heuning nie.  Die korwe word swakker en sodoende breek die siekte makliker uit.

 

Boere vra dat swerms bye na hul plase gebring moet word sodat bestuiwing kan plaasvind.

 

Wanneer heuning sandsuiker word, moet dit liefs in die venster in die son geplaas word – geensins in die mikrogolfoond nie.  Dit moet nooit bo 40 grade verhit word nie.

 

P1040124

‘n Landbouteetafel wat skrik vir niks.  Dankie Feesia!