Sirkel: Cradock

Tak: Hofmeyr

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Teresa Opperman

Datum: 15 Februarie 2016

 

Tydens haar Gesondheidsbeurt het Karenza Fourie vir Dolly Shan, wie aan Parkinson se siekte ly, genooi om die vergadering toe te spreek.  Estelle Kruger het Dolly aan die dames voorgestel. Dolly en Estelle is lewenslank vriendinne.

 

VLV15022016 003

Estelle Kruger (middel) saam met haar gasspreker, Dolly Shan (links), en Dolly se dogter wat haar vergesel het

 

Dolly Shan, inwoner van Tarkastad, ly al vir die afgelope 7 jaar aan Parkinson se siekte.  Parkinson-sindroom of net Parkinson’s is ‘n ongeneeslike chroniese toestand waar die brein te min of geen dopamien afskei nie. Dopamien op sy beurt is ‘n stof wat die boodskappe vanaf die brein na die senu-eindpunte toe lei.  Omdat boodskappe met te min dopamien gestuur word, neem dit langer om by die senu-eindpunte uit tekom. Sodoende word ‘n mens se spierbeheer op drie maniere aangetas, naamlik die pasiënt bewe voortdurend, pasiënt ruk onwillekeurig en die pasiënt se bewegings word vertraag tesame met onwillekeurige bewegings  Daar is drie tipes en Dolly ly aan die derde tipe.

 

Dolly se stem het skielik hees en sag geword, sy het begin sukkel om aan te trek en knope vas te maak en haar handskrif was met tye onleesbaar.  Erge moegheid was ervar en sy was van balans af asook erge spierstyfheid.  Sy het dadelik besluit om ‘n neuroloog te raadpleeg.  Sy gebruik 520 tablette per maand en die medikasie word herhaaldelik verhoog.  Die medikasie het geen newe-effekte nie.

 

 

Ten spyte van die siekte gee Dolly steeds spesiale klasse by haar huis aan leerders van die plaaslike hoërskool, sy brei en hekel en sy hou van kosmaak. Sy bedank haar man Ruben met wie sy 11 jaar getroud is, vir sy sorg en liefde. Ruben laat haar steeds in die oggend opstaan met ‘n lied in die hart.mSy loof die Hemelse Vader vir die krag en genade wat sy uit Sy hand ontvang.

 

VLV15022016 001

Die teetafels kreun onder die heerlike eetgoed en alles is in rooi getooi om Valentynsmaand te herdenk

 

 

VLV15022016 006

Alta Herselman vertel oor die versorging van kostuumjuwele