Sirkel: Tygerberg
Tak: Parow
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Renché Jansen
Datum: 11 Februarie 2016
Dit is net wat ons nodig gehad het in die maand van liefde – MUSIEK!
Lede by die valentynstafel is LNR Kitty Mellor, Susan van der Merwe, Marie Brundyn, Christelle Hamman-Johnston, Hannatjie Hamman, Andrieshia Radyn en Elaine Duvenage
Foster van der Merwe bedryf sy eie suksesvolle kitaaronderneming, Foster Guitar Works, vanuit sy huis. Hy bou vir die afgelope 30 jaar kitare, waarvan die eerste 20 jaar op ‘n deeltydse basis was, terwyl hy as klankman by SAUK-TV gewerk het. Die besigheid het so uitgebrei dat sy seun, Ludwig, ook al 10 jaar betrokke is. Albei is bedrewe akoestiese, sowel as elektriese kitaarspelers.
‘n Ongelooflike interessante en insiggewend praatjie word gelewer, waar Foster sy liefde vir die bou en versorging van kitare met die lede deel.
Onder sy vertellinge kry die gestalte van ‘n kitaar ‘n heel ander betekenis. Die verskillende houtsoorte wat gebruik word in die bou van kitare word vertoon asook die binnekant wat die begin van ‘n nuwe kitaar is. Hy verduidelik ook die drukpers wat gebruik word om die kitaar ‘n unieke vorm te gee, waarna die afwerking baie belangrik is voor die snare bykom.
Hulle bou kitare op bestelling en herstel en versien die intrumente van bekende musikante soos Valiant Swart, Karen Zoid, Louwtjie Rothman en Elvis Blue.
LNR Mannetjies Venter, Renché Jansen (sameroeper) en Foster van der Merwe
Die kersie op die koek was die kitaarspel saam met ‘n medemusikant Mannetjie Venter. Die lede en gaste wat teenwoordig was, het dit terdeë geniet en kon met moeite stilsit.
Leave A Comment