Sirkel: Tygerberg
Tak: Panorama
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Antoinette le Roux
Datum: 11 Februarie 2016
Op ‘n gesellige vergadering gehou kort voor Valentynsdag was die tafels pragtig versier in wit en rooi.
Ons spreker was die skrywer, Alta Cloete en haar gespreksmaat was Rina Steyn. Alta het reeds 14 liefdesverhale en 50 tydskrifverhale geskryf. Sy het vir ons vertel hoe sy te werk gaan om ‘n boek te skryf – “dis harde werk”, sê sy.
Alta Cloete (links) en haar gespreksmaat Rina Steyn (regs)
Om die sowat 50 tydskrifartikels te skryf, het sy anders te werk gegaan. Die meeste van die stories begin by ‘n persoonlike ervaring, waarop sy dan uitbrei. Sy hou daarvan dat haar stories op ‘n gelukkige noot eindig.
Wat is lekkerder as poeding om mee af te sluit!
Leave A Comment