Sirkel: Middelland

Tak: Acqua

Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 10 Februarie 2016

 

Die Acqua-lede het lank en reikhalsend uitgesien dat die VLV-jaar moet begin. Nee tog, ‘n mens kan ook net so lank na mekaar verlang en dan moet ‘n mens mekaar onder oë neem. En dit is presies wat dieAcqua-vriendinne gisteraand gedoen het by PEGC, 126-jarige vergaderingstuiste van een van VLVK se mees dinamiese takke.

 

Acqua 1

 

Die weersiens was guitig. Die geselskap luid en vrolik. Getooi in oulap se rooi was die Acqua-samesyn in die maand van die liefde net so uitbundig soos die kleur. Effentjies is beslis nie ‘n woord wat ooit op Acqua-lede van toepassing sal wees nie.

 

mms_img780821154

mms_img-298242223  mms_img-170868741

 

Soos altyd was die eerste vergadering van die nuwe jaar die ideale geleentheid om kennis te neem van wat VLV-lidmaatskap behels en watter werksaamhede vir die jaar beplan word. Tegnologie is ingespan om die vurk stewig in die hef te steek. In Acqua-tak is lede behoorlik ingelig. Entoesiasties. Dinamies. Gereed om verryk te word en hul verwysingsraamwerk te verbreed. Hierdie 2016 gaan ‘n uitsonderlik VLV-jaar wees.

Acqua 2

 

Acqua 4  Acqua 3  Acqua 5  Acqua 6

Die aand het nie net oor weersiens gegaan nie, maar daar is ook sowat 200 liter water ingesamel vir mens en dier in die droogte-geteisterde gebiede. Goedheid en guns tasbaar bewys.