Sirkel: Paarl

Tak: Slot-van-die-Paarl

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 8 Februarie 2016

 

IMG_3100

Die komitee en die spreker: Elmarie van der Merwe, Fia la Grange, Anna Cillie en Marizanne Lombard

 

Die nuwe VLV-jaar skop af met die uitdeel van die nuwe jaarprogram, ‘n nuwe lid, Marizanne Lombard, sluit aan en ‘n entoesiastiese spreker, Anna Cillie, gesels oor hulle varkboerdery.

 

IMG_3089

Geïnteresseerd luister Louise Muller, Susie Spies en Aletta Keyser

 

Varkvleis is baie gesond in die dieet, min vet, baie vitamines ens.

 

Daar word met varke geboer op ‘n heel ander manier as wat Oupa dit gedoen het! ‘n Ingerigte kraamsaal maak dit baie gemaklik vir die sog om geboorte te skenk, en dit sommer aan ‘n hele klomp kleintjies op een slag. Die kleintjies word gevang, vir ‘n ruk onder ‘n rooi lig geplaas (hulle is maar pieperig) en dan teruggegee aan die sog om te voed. Die sterker kleintjies kies die voorste tepels en behou dit regdeur die soogtyd. Die swakeres suig aan die agterste spene! Hulle word 35 dae later gespeen. Hulle eet varkpille en op hierdie plaas word hulle ook gevoer met boegoewater; dit is goed vir diaree, blaasprobleme en om wonde mee af te was. Die sog is na 5 dae weer op hitte. By geboorte weeg die varkie 1kg en na 120 dae is dit reg om bemark te word. Die sog loop 3 maande 3 weke en 3 dae. Wanneer ‘n vark stres, vrek hy gou; so die boer probeer hulle stresvry hou. Stres gee waterige vleis. Verder word die varkies in isolasie gehou, want menskieme kan hulle doodmaak. Dit is ook altyd dieselfde werkers wat hulle hanteer. Higiëne is baie belangrik.

 

Die boere word gedwing om aan Swartbemagtiging deel te neem. Dit bring höe kostes mee. Die plan van die regering het misluk en nou  “mentor” die boere die opkomende bure. Die nuwe boere loop ook kursusse oor die varkbedryf. Oorsese vleis word gesubsidieer en dit ondermyn die plaaslike boere.

 

Om haar praatjie af te sluit, demonstreer sy hoe om ‘n fillet te stop na smaak. ‘n Halfuur gaarmaaktyd per 500g vleis is voldoende.

 

IMG_3095

Gevulde varkfillet

 

IMG_3090

Lede Leone Hugo, Thea Basson en Marizanne Lombard