Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Beriggewer:  Louwna Hoving, [email protected]

Datum:  4 Februarie 2016

 

Lindy van Schalkwyk, van Laatson Skoonheid, demonstreer die aanwend van

grimering op Louwna Hoving.

 

1

 

2

 

Sy deel die volgende wenke met lede:

Wend heel eerste die ooggrimering aan.  Indien daar dan oogmaskara smeer is dit maklik om af te vee.   Die wenkbroue word  in ‘n  effe V-vorm gepluk en eindig dunner regoor die einde van die oogopening.  Die hare aan die bo-kant van die wenkbroue  groei  baie  stadig, dus moet  dit  versigtig gepluk word.  ‘n Bruin oogskaduwee laat die oog sagter lyk.   Die onderlaag moet met ‘n kwas aangewend word en bespaar.   Dis ‘n vermorsing daarvan as dit met die hand of met ‘n spons aangewend word.    Dit kan ook meer egalig op die gesig ingewerk word.  Wanneer blusher aangewend word moet dit hoog op die wangbeen gedoen word en dan in ‘n 3-vorm-beweging ingewerk word van bokant die slaap na die wangbeen na die ken. Waak teen ‘n onderlaag wat nie goed inskakel by jou gelaatstrekke nie.  Om die lippe in te kleur word eers gebruik gemaak van ‘n lip liner, daarna word ‘n pro longwear lipgloss aangewend.  Laat dit behoorlik droog word sonder dat die lippe aan mekaar raak.  Wanneer die lipstiffie dus aangewend word sal dit baie lank vars op die lippe bly.

 

‘n Geheue ysbreker, Wat het ek aan?, het die dames lekker laat lag. Elke tafel identifiseer een persoon om na vore te kom en die res van die tafel moes memoriseer wat sy aan het.  Daarna verander hulle iets aan hulle voorkoms en dan moes die tafel raai wat verskillend is aan haar voorkoms.

 

Die Tak spog ook met vyf nuwe lede.

 

3

LNR: Chrisna Schreuder, Mia Louw, Anneke Smuts, Soekie Louw en  Erna la Cock

 

Elke lid moes iets te ete en ‘n sappie bring vir hul tafel se piekniekmandjie wat geniet is terwyl al die vakansiestories oor vertel is.