Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Beriggewer: Charlotta van Eeden

Datum: 3 Februarie 2016

 

Langebaan-tak skop die jaar af met ‘n vergadering aangebied deur die Bestuur. Die tema is “Kenmekaar”.

 

Hilary Nepgen (Voorsitter)vra almal om in 2016 nie net te Leef nie, maar ook te Droom en te Glo. Sy versoek die dames om nie hulself te gering te ag nie.  Dames moet hulself deel en dit wat hul doen saambring VLV toe. Daar is dalk net iemand wat dit/jou daardie dag nodig het.

 

vlv 3 feb 006

Februarie-verjaardagdames word gelukgewens deur Hetta Mans. Dames: Henriëtta Melck, Hilary Nepgen, Hetta Mans, Rouxleen Moran, Suletta du Plessis en Alida Nortjè

 

vlv 3 feb 007

Diensjaarkentekens word uitgedeel deur Hilary Nepgen (Voorsitter). Hanita le Roux (55 jaar), Hilary Nepgen, Dirkie van Schalkwyk (10 jaar) en Pietie Burke (5 jaar)

 

Ons ontvang Lagterapie van Amanda Uysvogel van Saldanha. Almal neem deel aan die skaterlag en almal voel baie beter aan die einde van die deelname. Dit laat ons net weer besef dat ons meer moet lag en nie die lewe so ernstig moet opneem nie.

 

vlv 3 feb 008

Spreker Amanda Uysvogel word bedank en ontvang blomme van Louna Niehaus