Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 28 Januarie 2016

 

Dis Parstyd in die Boland en tussen die warm dae en nagte skop VLV-Wellington af met ‘n goeie opkoms en ons ledetal groei.

 

Hierdie maand fokus ons ‘n bietjie op ons dorp se geskiedenis deur te gaan soek na minder bekende kerke en ook die Poskantoor van ons dorp se geskiedenis. Die dames van ons museum en die Breytenbach Sentrum het hul wonderlike inligting met ons kom deel.

 

vlv.jan.16.4

vlv.jan.16.3

 

Christine begin met die oorsproklike Poskantoor wat op kerkgrond gebou is en eers in die laat 1800’s ‘n vertrek in die Wellingtonbank was. In 1880 is die eerste telegram na Wellington gestuur in die Bankhuis en in 1909 is die eerste telefoonsentrale na Wellington geskuif.  In 1930 raak die Poskantoor te klein en moet ‘n eie gebou opgerig word. Op 1 Mei 1936 open die huidige Poskantoor sy deure . Al raak ons posdienste dalk swakker en minder, kommunikeer ons nog steeds.

 

Daphne kom vertel ons meer van die AME Kerk wat nou in Voorstraat is en hoe die Adams-familie vir hierdie kerk se bestaan geveg het.

vlv.jan.16

 

Die ander weggesteekte kerk is die Grieks Ortodokse kapel, so paar kilometer buite die dorp op ‘n plaas. Die is opgerig tussen 1968 en1970 deur die Griekse eienaar van die plaas, omdat sy vrou graag ‘n kerk wou hê. Daar kan maksimum 20 mense binne-in staan en twee dienste per jaar vind plaas. Een  op 31 Mei en die ander op die naaste Saterdag aan 21 November.

vlv.jan.16.2

 

Olivia se vertelling van die VGK-Sendingkerk wat in vroeër jare net oorkant die huidige Moederkerk met Andrew Murray voor, gebou en ook afgebreek is. Vandag is daar net ‘n gedenksteen op sy plek tussen al die parkering.

 

Die oudste kerk in Wellington is wel die Slawekerk in Bovlei.

 

Gelaai met soveel nostalgie en kennis kyk ons na dese met ander oë na ons landmerke .